4 Rose Street, Wellington, 7655
+27 (0)21 864 5180
info@bkaudit.co.za
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
DIE BEREKENING VAN AANWAS IN ‘N BOEDEL
0November 4, 2020November 4, 2020
By BKAudit - AdminIn Legal

fhbc_rocketmailer_nov_01_13In terme van Suid Afrikaanse Reg (die Wet op Huweliksgoedere (Wet Nr 88 van 1984) (“die Wet”) is daar 3 verskillende vorms van huweliksgoedere bedelings.  (i) Huwelike binne gemeenskap van goedere, (ii) huwelike buite gemeenskap van goedere met uitsluiting van die aanwasbedeling, en (iii) huwelike buite gemeenskap van goedere met insluiting van die aanwasbedeling.

Na inwerkingtreding van die Wet in 1984 is enigeen wat ‘n huweliksvoorwaardekontrak (HVK) aangaan wat gemeenskap van goedere en wins en verlies uitsluit (buite gemeenskap van goedere), outomaties met die insluiting van die aanwasbedeling getroud, tensy die aanwasbedeling uitdruklik uitgesluit word in die HVK.  Indien die bedoeling tussen partye dus is om buite gemeenskap van goedere te trou, sonder dat daar in die gemeenskaplike aanwas vir die duur van die huwelik gedeel word, dan moet dit duidelik so in die HVK vermeld word.

Toepassing van die aanwasbedeling beteken dus dat die partye tot die huwelik kies om te deel in die groei wat die twee boedels toon gedurende die verloop van die huwelik, by die beëdiging van die huwelik.

Die partye kan dan by die uitoefening van die keuse om aanwas in te sluit, by die aanvang van die huwelik bates verklaar wat binne die individuele boedel is en uitgesluit sal wees van die aanwas. Hierdie verklaring word gedoen met die aangaan van die HVK en word die aanvangswaardes van die onderskeie boedels, indien enige, daarin verklaar.
Wanneer die huwelik dan op enige tyd in die toekoms sou beëindig weens egskeiding of die dood van een van die partye, dan word die aanwas (toename in waarde) van die boedels bereken aangesien die partye dan geregtig is om te deel in die aanwas van die boedels.

In kort dus, aan die begin van die huwelik word die waarde van elke party se boedel bepaal en aangeteken.  Op die dag van egskeiding of afsterwe word die groeiwaarde van beide boedels apart bereken en die totale verskil in waarde tussen die groter en kleiner boedel word aangeteken.  Die groter boedel moet dan die kleiner boedel die helfte van die verskil in waarde uitbetaal.

Hoe word die aanwas bereken? 

Die aanvangswaardes van die onderskeie boedels moet bepaal word na aanleiding van die waardes vasgestel in die HVK en aangepas word met die CPI Inflasie waarde berekening.

Die netto waarde van elke boedel moet bepaal word, waarna die aangepaste aanvangswaardes van die boedels dan van die huidige netto waarde afgetrek word.  Elke boedel se aanwas word apart bereken.  Die boedel wat dan die kleiner groei getoon het, sal kan aanspraak maak op die helfte van die groei van die boedel wat die groter groei getoon het.

In die bepaling of berekening van die netto batewaarde van ‘n boedel, word die waarde van alle bates (ingesluit alle onroerende- en roerende bates, pensioenbelange, polisse, buitelandse beleggings, lewende annuiteite (slegs waar die huwelik beëindig word deur afsterwe en NIE egskeiding nie – saak van ST v CT) in die boedel by mekaar getel en word die volgende hiervan afgetrek:

  • Laste
  • Legate en erfporsies
  • Bates spesifiek uitgesluit in HVK
  • Skenkings/geskenke
  • Bedrae ontvang uit hoofde van vergoedingseise (bv. Laster, pyn en leiding)

Wanneer die netto waarde van die boedels bereken is, word die aanvangswaarde van die netto boedelwaarde afgetrek, en die som is dan die aanwas.  Soos bo genoem, het die boedel wat dan die kleiner aanwas getoon het, ‘n eis teen die boedel wat die groter aanwas getoon het, vir die helfte van die verskil tussen die twee berekende bedrae.

Neem kennis dat die samestelling van boedels baie gekompliseerd kan wees in sekere gevalle en die interpretasie en hantering van bates wat uitgesluit is in terme van ‘n HVK problematies kan wees, en is dit altyd raadsaam om ‘n kundige te raadpleeg in aanwas berekeninge.

Indien u verdere inligting of moontlik bystand benodig met enige aanwas berekening is u welkom om ‘n e-pos te stuur aan lorraine@bkaudit.co.za.dedi1019.jnb1.host-h.net.

Source Reference:

Wet op Huweliksgoedere, Wet nr. 88 van 1984
Wet op Pensioenfondse, Wet nr. 24 van 1956
Wet op Egskeidings, Wet nr. 70 van 1979
https://www.divorcelaws.co.za/marriage-out-of-community-with-the-inclusion-of-the-accrual.html
https://www.rgprok.co.za/nuwe-ou-regsaspek-ten-opsigte-van-die-aanwasbedeling/
ST v CT (1224/16) [2018] ZASCA 73; [2018] 3 All SA 408 (SCA); 2018 (5) SA 479 (SCA) (30 May 2018)

PERSONEELNUUSFOREIGN EMPLOYMENT INCOME – SOUTH AFRICAN RESIDENT – SECTION 10(1)(O)(II) – PROVISIONAL TAX

About us

Aenean feugiat eget velit accumsan dictum. In dapibus lectus massa, nec cursus ipsum posuere sed. Duis egestas dui in neque finibus, nec volutpat dolor porttitor. Nulla sollicitudin lorem ac neque iaculis vehicula. Vivamus ac lacus venenatis, efficitur elit sit amet, semper risus.

Get in Contact

4 Rose Street, Wellington, 7655
PO BOX 54, Wellington, 7654
T: +27 21 864 5180
F: +27 86 612 4679
E: info@bkaudit.co.za

Office Hours

Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
Fridays: 08:00 - 15:30
Saturday - Sunday: Closed
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
BKAudit © 2025 | All Rights Reserved | Privacy Policy | Legal Notices
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
Cookie SettingsAccept All
Manage consent

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
CookieDurationDescription
cookielawinfo-checkbox-analytics11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional11 monthsThe cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytics
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.
Others
Other uncategorized cookies are those that are being analyzed and have not been classified into a category as yet.
SAVE & ACCEPT