4 Rose Street, Wellington, 7655
+27 (0)21 864 5180
info@bkaudit.co.za
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
HEREREGTE OP DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

HEREREGTE OP DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

1October 5, 2020October 6, 2020
By BKAudit - AdminIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Hereregte is ‘n belasting wat deur die koper betaalbaar is en word gehef op die waarde van enige onroerende eiendom wat by wyse van ‘n transaksie verkry word.

Wat met ”waarde” bedoel word:  

Hereregte is betaalbaar op die grootste van (a) die vergoeding in die ooreenkoms; (b) die billike markwaarde van die eiendom; (c) die verklaarde waarde van die eiendom.

Wat met “onroerende eiendom” bedoel word: 

Dit is grond in Suid-Afrika plus installasies daarop, insluitende:

  • reële regte op grond;
  • regte op minerale;
  • ‘n aandeel of belang in ‘n residensiële eiendomsmaatskappy;
  • ‘n aandeel of ledebelang in ‘n beherende maatskappy as daardie maatskappy en al sy filiaalmaatskappye as residensiële eiendomsmaatskappye kwalifiseer;
  • ‘n aandeel in ‘n deelblokmaatskappy;
  • ‘n voorwaardelike reg op ‘n residensiële eiendom of aandeel of ledebelang in ‘n residensiële eiendomsmaatskappy wat deur ‘n diskresionêre trust gehou word (nie ‘n spesiale trust nie).

‘n Residensiële eiendomsmaatskappy is waar die billike waarde van die eiendom of voorwaardelike reg meer as 50 persent behels van die totale billike markwaarde van al die bates van die maatskappy.

Transaksies wat algeheel vrygestel word van hereregte: 

  • Die Wet op Hereregte is met ingang van 25 Julie 2006 gewysig om voorsiening te maak vir ‘n vrystelling van hereregte ten opsigte van oordragte tussen geskeide gades.  Indien die egskeidingsbevel egter uitgereik was toe dit nie vrygestel was nie (dus voor 25 Julie 2006), sal hereregte asook rente daarop betaalbaar wees indien die eiendom of die deel daarvan nooit oorgedra was nie;
  • Eiendom wat van ‘n eggenoot verkry word as gevolg van die dood van die eggenoot;
  • Wanneer gades binne gemeenskap van goedere trou en ‘n gade dus die eienaar van ‘n een halwe onverdeelde aandeel in die eiendom van ‘n ander gade word;
  • Die betaling van BTW neem voorkeur bo die betaling van hereregte indien die verskaffer ‘n ondernemer is, mits dit nie die verkoop van die privaat woning van die ondernemer is nie.
  • Eiendom van die oorledene wat verkry word deur middel van ‘n testament van die oorledene of deur intestate erfopvolging.

Hereregte is betaalbaar: 

  • Wanneer die waarde van ‘n eiendom wat verkoop word bo R1,000,000.00 is.  Hierdie bedrag word jaarliks met die begrotingsrede bepaal en ‘n glyskaal word toegepas vir die berekening van hereregte.
  • Wanneer boedelsamesmelting plaasvind en ‘n eiendom oorgedra word aan ‘n derde party, is slegs die oorledene se aandeel vrygestel van hereregte en sal die langslewende gade se deel wat oorgedra word belasbaar wees vir hereregte;
  • Met registrasie van ‘n beperkende persoonlike reg sal hereregte betaalbaar wees.  Die waarde van die vruggebruik word bepaal deur na die tabelle in die Administrasie van die Boedelwet te kyk waar ‘n formule vervat is vir so berekening;
  • Wanneer ‘n vruggebruik/woonreg (enige beperkende persoonlike reg) gekanselleer word alvorens dit verval;
  • Wanneer ‘n saaklike reg (‘n serwituut van reg van weg) geregistreer word.

Berekening wanneer slegs ‘n aandeel van ‘n eiendom oorgedra word: 

Die berekening word gemaak deur die volle bedrag wat betaalbaar sou wees op ‘n volle oordrag te gebruik en dan te deel deur die aandeel wat oorgedra word.  Die rede hiervoor is wanneer een helfte van ‘n aandeel oorgedra word van ‘n eiendom met ‘n waarde van byvoorbeeld R1,500,000.00, die helfte ten bedrae van R750,000.00 nie vrygestel sal word nie, maar die bedrag betaalbaar op R1,500,000.00 deur twee gedeel word en betaalbaar sal wees;

Indien hereregte nie binne 6 maande na die ondertekening van die ooreenkoms betaal word nie, word boeterentes daarop gehef.

Kontak gerus vir Morné van Niekerk by  morne@bkaudit.co.za.dedi1019.jnb1.host-h.net of Marius Vorster by  mvorster@bkaudit.co.za.dedi1019.jnb1.host-h.net indien u enige navrae het.

SARS: 8 COMMITMENTS FOR 2020’S FILING SEASONPERSONEELNUUS

About us

Aenean feugiat eget velit accumsan dictum. In dapibus lectus massa, nec cursus ipsum posuere sed. Duis egestas dui in neque finibus, nec volutpat dolor porttitor. Nulla sollicitudin lorem ac neque iaculis vehicula. Vivamus ac lacus venenatis, efficitur elit sit amet, semper risus.

Get in Contact

4 Rose Street, Wellington, 7655
PO BOX 54, Wellington, 7654
T: +27 21 864 5180
F: +27 86 612 4679
E: info@bkaudit.co.za

Office Hours

Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
Fridays: 08:00 - 15:30
Saturday - Sunday: Closed
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
BKAudit © 2025 | All Rights Reserved | Privacy Policy | Legal Notices
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
Cookie SettingsAccept All
Manage consent

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
CookieDurationDescription
cookielawinfo-checkbox-analytics11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional11 monthsThe cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytics
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.
Others
Other uncategorized cookies are those that are being analyzed and have not been classified into a category as yet.
SAVE & ACCEPT