4 Rose Street, Wellington, 7655
+27 (0)21 864 5180
info@bkaudit.co.za
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
HOE VRY IS U MET U TESTAMENT EN ERFLATING?

HOE VRY IS U MET U TESTAMENT EN ERFLATING?

1December 2, 2019December 2, 2019
By BKAudit - AdminIn Estates and Trusts

fhbc_blog_dec_01Die Hoogste Hof van Appèl het soos volg beslis:

  • Testamentvryheid word beskou as een van die grondbeginsels van die Suid-Afrikaanse testate erfopvolgingsreg;
  • Suid-Afrikaanse howe is verplig om uitvoering te gee aan die duidelike bedoeling van die erflater soos wat dit blyk uit die erflater se testament;
  • Die erkenning van privaatbesit en die gepaardgaande reg van ‘n eienaar dien as ‘n gesonde grondslag vir die erkenning van privaat opvolging sowel as die vryheid van erflating in die Suid-Afrikaanse reg.

Dit is egter belangrik om te let op die volgende uitsonderings op die beginsel van vryheid van erflating:

  • Minderjarige en behoeftige kinders, insluitend aangenome en buite-egtelike kinders, van die testateur het ‘n reg tot onderhoud en onderwys wat voor die reg van die erflater se legatarisse en erfgename staan;
  • Die nagelate gade van die testateur het ‘n eis vir redelike onderhoud teen die boedel van die erflater tot haar/sy dood of hertroue.  Hierdie reg staan ook voor die reg van die erflater se legatarisse en erfgename.  Indien hierdie eis teen ‘n eis van ‘n afhanklike kind meeding, word die eise proporsioneel verminder;
  • Indien gades buite gemeenskap van goedere getroud was onderhewig aan die aanwasbedeling in terme van die Huweliksgoedere Wet 88 van 1984 en een van die gades sterf, dan het die langslewende gade ‘n eis vir een helfte van die verskil tussen die aanwas van die onderskeie boedels, indien die langslewende gade onterf word of minder as die aanwaseis in terme van die erflater se testament erf.  Hierdie reg staan ook voor die reg van die erflater se legatarisse en erfgename, maar staan konkurrent met krediteure;
  • Alhoewel die erflater, as lid van ‘n Pensioenfonds, ‘n begunstigde benoem het met sy afsterwe, het die Trustees van die Fonds die mag om te besluit watter van die erflater se afhanklikes die voordele uit die Fonds moet ontvang;
  • Die Beslote Korporasie Wet 69 van 1984 plaas ‘n beperking op wie die erflater in sy/haar testament kan benoem om die ledebelang te ontvang.  Artikel 29 beperk ledebelang in ‘n Beslote Korporasie tot ‘n natuurlike persoon, ‘n testamentêre trust onderhewig aan sekere voorwaardes en sekere persone wat in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid optree.  Indien ‘n formele assosiasieooreenkoms onder die lede van die BK bestaan, kan die regte van erfgename en legatarisse van ‘n oorlede lid daarin bepaal word;
  • Die erflater se vryheid van erflating word beperk deur die bepalings van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne 28 van 2002, die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970 en die Onroerende Eiendom (Opheffing van Wysiging van Beperkings) Wet 94 van 1965.

Enige persoon ouer as 16 jaar kan ‘n testament onderteken, behalwe as die erflater ten tye van die ondertekening van die testament verstandelik onbevoeg is om die aard en effek van sy/haar daad te begryp.  Die onus om te bewys dat die erflater ten tye van die ondertekening van die testament onbevoeg was, rus op die persoon wat dit beweer.

Dit is noodsaaklik dat u testament voldoen aan die formaliteite wat vereis word vir ‘n geldige testament in terme van Artikel 2(1) van die Wet op Testamente 7 van 1953.

Met inagneming van die inhoud van hierdie artikel, behoorlike boedelbeplanning en ‘n praktiese en uitvoerbare testament ten opsigte van u bedoeling, is dit raadsaam dat u ‘n gekwalifiseerde Fidusiêre Praktisyn nader.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@bkaudit.co.za.dedi1019.jnb1.host-h.net

YESTERDAY, TODAY, TOMORROW – A TAX SYNOPSIS FOR 2019LITIGATION AS WE KNOW IT MIGHT SOON BE SOMETHING OF THE PAST, WITH MEDIATION BECOMING THE MAIN DISPUTE RESOLUTION MECHANISM.

About us

Aenean feugiat eget velit accumsan dictum. In dapibus lectus massa, nec cursus ipsum posuere sed. Duis egestas dui in neque finibus, nec volutpat dolor porttitor. Nulla sollicitudin lorem ac neque iaculis vehicula. Vivamus ac lacus venenatis, efficitur elit sit amet, semper risus.

Get in Contact

4 Rose Street, Wellington, 7655
PO BOX 54, Wellington, 7654
T: +27 21 864 5180
F: +27 86 612 4679
E: info@bkaudit.co.za

Office Hours

Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
Fridays: 08:00 - 15:30
Saturday - Sunday: Closed
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
BKAudit © 2025 | All Rights Reserved | Privacy Policy | Legal Notices
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
Cookie SettingsAccept All
Manage consent

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
CookieDurationDescription
cookielawinfo-checkbox-analytics11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional11 monthsThe cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytics
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.
Others
Other uncategorized cookies are those that are being analyzed and have not been classified into a category as yet.
SAVE & ACCEPT