4 Rose Street, Wellington, 7655
+27 (0)21 864 5180
info@bkaudit.co.za
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
KONTRAKTE – DEEL 2:  DIE BELANGRIKHEID VAN KONTRAKTE

KONTRAKTE – DEEL 2: DIE BELANGRIKHEID VAN KONTRAKTE

1January 14, 2019January 14, 2019
By BKAudit - AdminIn Commencement and Structuring of Businesses

fhbc_rocketmailer_nov_01_13Ons deel graag weer ‘n paar interessante konsepte rakende ooreenkomste en die belangrikheid van volledige en reg bewoorde kontrakte.

Vir alle praktiese doeleindes is ‘n ooreenkoms tussen partye, ‘n aanbod gemaak deur een party wat aanvaar word deur die ander party.  ‘n Aanbod is ‘n voorstel wat gemaak word.  Dit kan ‘n voorstel wees om byvoorbeeld te koop of te verkoop, te huur of te verhuur en kan ‘n basiese aanbod wees, of alternatiewelik die produk wees van ‘n lang uitgebreide onderhandelingsproses.  ’n Aanbod kan te eniger tyd voor aanvaarding daarvan teruggetrek word.  Daar kan ‘n tydsduur aan die geldigheid van die aanbod gekoppel word of die periode vir die aanvaarding van die aanbod kan onbepaald wees, in welke geval so ‘n aanbod geag geldig te wees vir ‘n redelike tydperk.

‘n Aanbod kan dan skriftelik, mondelings of by implikasie aanvaar word in welke geval daar dan ‘n ooreenkoms tussen die partye tot stand kom.  Soos in Deel 1 verduidelik, is dit krities belangrik dat ooreenkomste op skrif gestel word om absolute sekerheid ten opsigte van al die terme en moontlik enige voorwaardes van die ooreenkoms daar te stel.

‘n Vraag wat gereeld gevra word by verkoopsooreenkomste, is: wanneer word ‘n party die eienaar van dit wat hy of sy gekoop het en wanneer gaan die risiko ten opsigte van dit wat daardie party gekoop het, oor van die verkoper na die koper?

Wanneer verskuif die eienaarskap van die verkoper na die koper, by goedere verkoop? 

Oor die algemeen verskuif eienaarskap van die verkoper na die koper, wanneer die koper die volle koopprys aan die verkoper betaal en die goedere in ontvangs neem met die bedoeling om die eienaar daarvan te word.

Daar is egter ‘n paar uitsonderings op die algemene reël:

  • Eienaarskap van onroerende eiendom word oorgedra tydens die registrasie van die onroerende eiendom in die naam van die koper;
  • Huurkoop of ‘n afbetalingstransaksie is ‘n kredietverkoping van roerende goed ingevolge waarvan die koopprys in paaiemente betaal word en die koper eers die eienaar word wanneer die prys ten volle betaal is.
  • ‘n Ooreenkoms tussen partye, kan die oomblik waarop eienaarskap in goedere oorgaan van die verkoper na die koper, spesifiek bepaal, of alternatiewelik die oordrag van eiendomsreg onderhewig maak aan die stel van sekuriteit tot en met die vervulling van sekere voorwaardes tot die verkoopsooreenkoms.

Die vraag na waar eiendomsreg vestig in terme van ‘n bedinge verkoopsooreenkoms, is baie relevant in gevalle waar een van die partye insolvent sou raak of waar die verkoper eienaarskap van goedere aan ‘n derde party sou oordra voor lewering daarvan aan die koper.

Wanneer verskuif die risko in goedere verkoop van die verkoper na die koper? 

Die algemene reël hier is dat die risiko op goedere oorgaan op die koper by die afhandeling van die verkoopsooreenkoms.  Die presiese tydstip waarop die risiko oorgaan van die verkoper na die koper, kan in die ooreenkoms gestipuleer word en dit is inderdaad raadsaam dat partye behoorlik besin en onderhandel oor hierdie aspek.

Waar ‘n party byvoorbeeld gespesifiseerde (geïdentifiseerde) duur wild sou aankoop en dit reeds betaal in terme van die ooreenkoms, maar eers die diere kan oplaai en vervoer na sy eie plaas, op ‘n later tydstip, moet die risiko op die diere onderhandel en gestipuleer word.  Indien nie, kan die diere skade kry, en sal die koper die risiko en die gevolg van die skade dra, tensy hy kan aandui dat die skade veroorsaak is deur die nalatigheid van die verkoper.

Die voordeel verbonde aan die goedere gaan gewoonlik saam met die risiko oor op die verkoper.  Indien die partye ooreen sou kom dat die risiko by betaling oorgaan op die koper, sal die voordeel op soortgelyke wyse verskuif van die verkoper na die koper.  Sou die goedere se waarde toeneem val die voordeel dan die koper toe en nie die verkoper nie.  Ook die voordeel verbonde aan goedere kan uitdruklik in die ooreenkoms gestipuleer word.

Dit is dus baie belangrik om ook hierdie aspekte met betrekking tot die oordrag van eiendomsreg sowel as die oorgaan van die risiko en voordeel in die goedere, in ‘n skriftelike ooreenkoms te stipuleer ten einde sekerheid te vestig ten opsigte van die regsposisie hiervan en sodoende beskerming te bied aan beide partye by die plaasvind van enige onvoorsiene gebeurlikheid.

‘n Ooreenkoms moet korrek verwoord word.  Dit is eweneens belangrik om vertroud te wees met die inhoud van ooreenkomste, veral in kooptransaksies.  Almal weet van “fynskrif”, maar wat presies behels dit en hoekom is dit belangrik?

In Deel 3 van ons reeks oor kontrakte deel ons verdere inligting ten opsigte van Fynskrif, en beskerming wat gebied word aan kopers in koopooreenkomste deur die Verbruikersbeskermingswet, Wet nr. 68 van 2008, veral met verwysing na patente en latente gebreke in goedere aangekoop en die rol wat die term “voetstoots” vandag nog in kooptransaksies kan speel.

Vir enige navrae hierin, kontak gerus vir Lorraine Oosthuysen by lorraine@bkaudit.co.za.dedi1019.jnb1.host-h.net.

PERSONEELNUUSFOOD FOR THOUGHT ON SUBSISTENCE ALLOWANCES

About us

Aenean feugiat eget velit accumsan dictum. In dapibus lectus massa, nec cursus ipsum posuere sed. Duis egestas dui in neque finibus, nec volutpat dolor porttitor. Nulla sollicitudin lorem ac neque iaculis vehicula. Vivamus ac lacus venenatis, efficitur elit sit amet, semper risus.

Get in Contact

4 Rose Street, Wellington, 7655
PO BOX 54, Wellington, 7654
T: +27 21 864 5180
F: +27 86 612 4679
E: info@bkaudit.co.za

Office Hours

Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
Fridays: 08:00 - 15:30
Saturday - Sunday: Closed
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
BKAudit © 2025 | All Rights Reserved | Privacy Policy | Legal Notices
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
Cookie SettingsAccept All
Manage consent

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
CookieDurationDescription
cookielawinfo-checkbox-analytics11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional11 monthsThe cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytics
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.
Others
Other uncategorized cookies are those that are being analyzed and have not been classified into a category as yet.
SAVE & ACCEPT