4 Rose Street, Wellington, 7655
+27 (0)21 864 5180
info@bkaudit.co.za
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
DOEN U BESIGHEID MET BUITELANDSE PARTYE?  DRIE KERNREËLS VAN “TRANSFER PRICING” WAARVAN U MOET WEET.

DOEN U BESIGHEID MET BUITELANDSE PARTYE? DRIE KERNREËLS VAN “TRANSFER PRICING” WAARVAN U MOET WEET.

2November 15, 2018November 15, 2018
By BKAudit - AdminIn Tax Compliance and Administration

fhbc_nov_rocketmailer_01_07

Dryf u handel met ‘n buitelandse maatskappy/ander entiteit? Indien u antwoord ja is op die vraag, mag die konsep van “transfer pricing” ter sprake wees indien u maatskappy op een of ander manier verwant is aan die ander party(e).
Die drie kernreëls is vervat in artikels 1 en 31 van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 (hierna die “IBW”) en kan as volg opgesom word:

  1. Hoe word die verkoopsprys bepaal vir die goedere/dienste in terme van die internasionale transaksie?

    Gestel die pryse is markverwant, wat beteken dat dit voldoen aan die armlengte beginsel (soos vereis word in terme van artikel 31(1) van die IBW) – is dit nie eens verder nodig om die transaksie te bevraagteken nie, aangesien die partye se onderskeie regerings hul volle belasting wat aan hul verskuldig is, ontvang. Hierdie is die crux van die “transfer pricing” reëls.

  2. Wat gebeur indien die pryse nie voldoen aan die armlengte beginsel nie?

    Indien die pryse nie voldoen aan die armlengte beginsel nie, word die geaffekteerde transaksie blootgestel aan artikel 31(2) van die IBW. Laasgenoemde maak voorsiening vir ‘n primêre aanpassing waar die bedrag (verkoopsom) soos ingesluit by die Suid-Afrikaanse maatskappy se belasbare inkomste, aangepas/herbereken sal word asof die transaksie aangegaan is in lyn met die armlengte beginsel. Dit beteken dat die inkomstebelasting betaalbaar verhoog.

    Bykomend, is daar ook ‘n sekondêre aanpassing soos uiteengesit in artikel 31(3) van die IBW waarvolgens die aanvanklike prys vergelyk word met die aangepaste prys (soos in terme van die artikel 31(2)-primêre aanpassing-reël). Die verskil tussen die twee genoemde pryse word dan belas met dividend- of skenkingsbelasting. Laasgenoemde word toegepas deur die heffing van ‘n geagte dividend, wat bestaan uit: óf ‘n distribusie van ‘n bate in specie – in die geval van ‘n maatskappy óf ‘n geagte skenking in die geval van ‘n persoon anders as ‘n maatskappy. Die effek is dat daar 20% dividende belasting gehef word in die geval van ‘n maatskappy en indien die verwante persoon nie ‘n maatskappy is nie, maar byvoorbeeld ‘n natuurlike persoon – word daar in terme van artikel 64 skenkingsbelasting van 20% op die geaffekteerde transaksie gehef.

  3. Neem kennis van die wye definisies van “verwante party(e)” en “geaffekteerde transaksie”.

    Die twee bogenoemde begrippe word spesifiek gedefinieer in artikel 1 van die IBW en sluit meer as net fisiese “verwante partye/persone” in. Daar word ook gekyk na skemas, ooreenkomste en die werking van die transaksies tussen verwante partye. Dit is dus baie belangrik om ‘n deeglike analise te doen tussen die verskeie transaksies rakende ‘n Suid-Afrikaanse belastingbetaler (maatskappy/individu) en buitelandse maatskappye. Dit is om te verseker dat alle interaksies (hetsy dit goedere of dienste was wat gelewer of verkoop was) geskied teen betaling wat in lyn is met die verwante markprys(e). Derhalwe, moet daar bevestig kan word dat daar byvoorbeeld nie dienste/goedere verskaf is sonder vergoeding nie.

Ten slotte. Hierdie opsomming van die drie kernreëls van “transfer pricing” dien as ‘n riglyn om die inhoud van artikel 31 te vergelyk en toe te pas met die werking van buitelande transaksies.

Kontak gerus vir Chantél Coetzee met enige navrae: c.coetzee@bkaudit.co.za.dedi1019.jnb1.host-h.net

Source Reference:

Inkomstebelastingwet 58 van 1962

BESIGHEIDSREDDING (BUSINESS RESCUE): ‘N LEWENSREDDER VIR BESIGHEDE IN FINANSIËLE NOODOP WATTER STADIUM KAN ‘N EKSEKUTEUR MET BATES HANDEL?

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

About us

Aenean feugiat eget velit accumsan dictum. In dapibus lectus massa, nec cursus ipsum posuere sed. Duis egestas dui in neque finibus, nec volutpat dolor porttitor. Nulla sollicitudin lorem ac neque iaculis vehicula. Vivamus ac lacus venenatis, efficitur elit sit amet, semper risus.

Get in Contact

4 Rose Street, Wellington, 7655
PO BOX 54, Wellington, 7654
T: +27 21 864 5180
F: +27 86 612 4679
E: info@bkaudit.co.za

Office Hours

Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
Fridays: 08:00 - 15:30
Saturday - Sunday: Closed
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
BKAudit © 2025 | All Rights Reserved | Privacy Policy | Legal Notices
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
Cookie SettingsAccept All
Manage consent

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
CookieDurationDescription
cookielawinfo-checkbox-analytics11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional11 monthsThe cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytics
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.
Others
Other uncategorized cookies are those that are being analyzed and have not been classified into a category as yet.
SAVE & ACCEPT