4 Rose Street, Wellington, 7655
+27 (0)21 864 5180
info@bkaudit.co.za
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
MUNISIPALE TARIEWE EN BELASTINGKLARINGSERTIFIKATE EN DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

MUNISIPALE TARIEWE EN BELASTINGKLARINGSERTIFIKATE EN DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

1October 2, 2018October 2, 2018
By BKAudit - AdminIn Commencement and Structuring of Businesses

fhbc_oct_rocketmailer_01_15In elke geval waar ‘n eiendom verkoop word, is dit ‘n vereiste dat die verkoper ‘n Munisipale Tariewe en Belastingklaringsertifikaat aanvra by die plaaslike Munisipaliteit waar die eiendom geleë is.  In sekere gevalle blyk die aansoekproses en die toestaan van die Klaringsertifikaat problematies te wees.

  • Wat is u regte en pligte as die verkoper van ‘n eiendom wanneer u aansoek doen vir ‘n Klaringsertifikaat by die Munisipaliteit?
  • Mag die Munisipaliteit u verplig om enige tariewe en belastings vooruit te betaal alvorens die Klaringsertifikaat aan u uitgereik word?

Ingevolge Artikel 92(1) van Die Registrasie van Aktes Wet, Wet Nr 47 van 1937, mag geen Akte van Oordrag van ‘n onroerende eiendom geregistreer word tensy so ‘n aansoek om oordrag vergesel word van ‘n Munisipale Tariewe en Belastingklaringsertifikaat waarin bevestig word dat alle belastings, heffings en fooie tot op datum aan die relevante regeringsowerheid (Munisipaliteit) betaal is.

‘n Soortgelyke bepaling is vervat in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet Nr 32 van 2000.  Artikel 118(1) van hierdie wet bepaal dat die registrasie van oordrag van onroerende eiendom nie mag plaasvind tensy ‘n voorgeskrewe sertifikaat deur die Munisipaliteit uitgereik is, in die gebied waarin die onroerende eiendom geleë is, welke sertifikaat bevestig dat alle bedrae ten opsigte van die betrokke eiendom vir munisipale dienste fooie, bybetalings, heffings en belastings vir die periode van 2 jaar wat die aansoek voorafgaan, ten volle betaal is.

In sekere gevalle stel Munisipaliteite addisionele vereistes alvorens hulle die Munisipale Tariewe en Belastingklaringsertifikaat uitreik.

  • Die vraag is, mag die Munisipaliteit van u verwag om maande vooruit te betaal alvorens hulle die sertifikaat aan u toestaan?

In ‘n onlangse uitspraak deur die Appèlhof, in die saak van Nelson Mandela Bay Municipality v Amber Mountain Investments 3 (Pty) Ltd (576/2016) [2017] ZASCA 36 (29 March 2017), het die Appèlhof uitsluitsel gegee oor die uitreiking van Tariewe en Belastingklaringsertifikate deur Munisipaliteite.

In bogenoemde aangeleentheid het Amber Mountain aansoek gedoen by die plaaslike Munisipaliteit vir ‘n Klaringsertifikaat aangesien die maatskappy ‘n onroerende eiendom wou verkoop as deel van ‘n besigheidstransaksie.  Die Munisipaliteit het daarop aangedring dat Amber Mountain, die voornemende verkoper, alle dienste fooie, bybetalings en belastings vir die volle (munisipale) belastingjaar vooruit betaal, alvorens die vereiste Klaringsertifikaat deur die Munisipaliteit uitgereik sal word.

Amber Mountain het nie saamgestem met die vereiste van die Munisipaliteit nie, maar was onder dwang om die gelde aan die Munisipaliteit te betaal ten einde die nodige sertifikaat te bekom om die eiendomstransaksie te kon afhandel.  Amber Mountain het daarna die Hof genader vir bystand om die gedeelte wat hulle onder dwang aan die Munisipaliteit oorbetaal het, terug te eis, aangesien hulle van opinie was dat die Munisipaliteit nie geregtig was om sodanige toekomstige munisipale kostes te verhaal by die aansoek om ‘n Tariewe en Belastingklaringsertifikaat nie en dus buite hulle magte opgetree het.

Die Appèlhof het in hierdie saak onder andere ook verwys na Artikel 118 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels soos hierbo verwys en het bevestig dat ‘n Tariewe en Belastingsklaringsertifikaat slegs van toepassing is op die twee-jaar periode wat die aansoek van die sertifikaat voorafgaan en nie ten opsigte van enige toekomstige munisipale skulde nie.

Die Hof het bevind dat die Munisipaliteit nie geregtig is om enige ander munisipale kostes van die verkoper te eis wat buite die 2-jaar periode wat die aansoek voorafgaan, val nie.  Amber Mountain het dus die saak suksesvol teen die Munisipaliteit gewen.

‘n Munisipale Tariewe en Belastingklaringsertifikaat word uitgereik met ‘n 60-dae geldigheid, wat normaalweg die periode dek tussen die aansoek vir die genoemde sertifikaat en die finale oordrag van die eiendom en die verkoper bly verantwoordelik vir alle munisipale kostes tot en met die datum van oordrag van die eiendom.  Soos reeds bo genoem bepaal Artikel 92(1) van Die Registrasie van Aktes Wet dat geen Akte van Oordrag van ‘n onroerende eiendom geregistreer mag word tensy so ‘n aansoek om oordrag vergesel word van ‘n Munisipale Tariewe en Belastingklaringsertifikaat waarin bevestig word dat geen belastings, heffings en fooie aan die relevante regeringsowerheid (Munisipaliteit) uitstaande is nie.

Dus, by aansoek van ‘n Munisipale Tariewe en Belastingklaringsertifikaat kan u verwag dat:

  • daar van u vereis sal word om alle agterstallige koste ten opsigte van munisipale dienste, heffings, bybetalings en belastings vir die laaste 2 jaar (indien enige) te betaal,
  • sowel as die verwagte munisipale koste vir die oorgangstyd tot en met die oordrag van die onroerende eiendom aan die nuwe eienaar.

Indien ‘n Munisipaliteit van u sou verwag om meer as laasgenoemde kostes te betaal alvorens hulle aan u ‘n klaringsertifikaat uitreik, sal ons aanraai dat u regsadvies inwin om u regte hierin te beskerm aangesien die magte van Munisipaliteite duidelik begrens is in die bogemelde saak van Amber Mountain Investments.

Vir enige verdere navrae hierin, kontak gerus vir Lorraine Oosthuysen by lorraine@bkaudit.co.za.dedi1019.jnb1.host-h.net

Source Reference

Die Registrasie van Aktes Wet, Wet Nr 47 van 1937
Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet Nr 32 van 2000

PERSONEELNUUSVERKOOPSTRANSAKSIES TUSSEN VERWANTE MAATSKAPPYE: WAAROM WORD HIERDIE PRYSE GEREGULEER? ‘N INLEIDING TOT “TRANSFER PRICING”

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

About us

Aenean feugiat eget velit accumsan dictum. In dapibus lectus massa, nec cursus ipsum posuere sed. Duis egestas dui in neque finibus, nec volutpat dolor porttitor. Nulla sollicitudin lorem ac neque iaculis vehicula. Vivamus ac lacus venenatis, efficitur elit sit amet, semper risus.

Get in Contact

4 Rose Street, Wellington, 7655
PO BOX 54, Wellington, 7654
T: +27 21 864 5180
F: +27 86 612 4679
E: info@bkaudit.co.za

Office Hours

Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
Fridays: 08:00 - 15:30
Saturday - Sunday: Closed
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
BKAudit © 2025 | All Rights Reserved | Privacy Policy | Legal Notices
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
Cookie SettingsAccept All
Manage consent

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
CookieDurationDescription
cookielawinfo-checkbox-analytics11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional11 monthsThe cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytics
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.
Others
Other uncategorized cookies are those that are being analyzed and have not been classified into a category as yet.
SAVE & ACCEPT