4 Rose Street, Wellington, 7655
+27 (0)21 864 5180
info@bkaudit.co.za
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
A7C EN TRUSTS:  WATTER INVLOED HET DIT OP U?

A7C EN TRUSTS: WATTER INVLOED HET DIT OP U?

3May 4, 2017July 7, 2017
By Marius VorsterIn All Categories, Estates and Trusts

fhbc_rocketmailer_may_01_03

In ons vorige artikel het ons reeds na hierdie artikel verwys en die gevare indien die artikel net so implementeer word.  In hierdie opvolg artikel poog ons om oplossings te bied: 

Die onderstaande is ‘n uittreksel uit die invoeging van artikel 7C in die Inkomstebelastingwet (Wet 58 van 1962) soos gepubliseer in die Staatskoerant van 19 Januarie 2017: 

12. (1) Die volgende artikel word hierby na artikel 7B in die Inkomstebelastingwet, 1962, ingevoeg:

Lening of krediet voorgeskiet aan ’n trust deur ’n verbonde persoon

7C. (1) Hierdie artikel is van toepassing ten opsigte van enige lening, voorskot of krediet wat—

    (a)  ’n natuurlike persoon; of
    (b)   op aandrang van daardie persoon, ’n maatskappy met betrekking waartoe daardie persoon ’n verbonde persoon is ingevolge paragraaf (d)(iv) van die omskrywing van verbonde persoon, direk of indirek aan ’n trust voorsien met betrekking waartoe daardie persoon of maatskappy, of enige persoon wat ’n verbonde persoon is met betrekking tot daardie persoon of maatskappy, ’n verbonde persoon is.

(2) Geen aftrekking, verlies, toelae of kapitale verlies mag geëis word nie ten opsigte van—

    (a)   ’n beskikking, insluitend deur middel van vermindering of afstanddoening; of
    (b)   die versuim, in die geheel of gedeeltelik, van ’n eis vir die betaling, van enige bedrag verskuldig ten opsigte van ’n lening, voorskot of krediet vermeld in subartikel (1). 

(3) Indien ’n trust—

    (a)   geen rente aangaan ten opsigte van ’n lening, voorskot of krediet vermeld in subartikel (1) nie; of
    (b)   rente aangaan teen ’n koers laer as die amptelike rentekoers soos omskryf in paragraaf 1 van die Sewende Bylae, word ’n bedrag gelykstaande aan die verskil tussen die bedrag aangegaan deur daardie trust, gedurende ’n jaar van aanslag as rente ten opsigte van daardie lening, voorskot of krediet en die bedrag wat aangegaan sou gewees het deur daardie trust teen die amptelike rentekoers, vir doeleindes van Deel V van Hoofstuk II, behandel as ’n skenking oorgemaak aan daardie trust op die laaste dag van daardie jaar van aanslag deur die persoon vermeld in subartikel (1)(a).

(4) Indien ’n lening, voorskot of krediet deur ’n maatskappy aan ’n trust voorsien is op aandrang van meer as een persoon wat ’n verbonde persoon is met betrekking tot daardie maatskappy soos vermeld in paragraaf (b) van subartikel (1), word elkeen van daardie persone behandel asof hulle geskenk het, aan daardie trust, die gedeelte van daardie bedrag wat tot daardie bedrag in dieselfde verhouding staan as wat die ekwiteitsaandele of stemregte in daardie maatskappy wat gehou is deur daardie persoon tydens daardie jaar van aanslag in verhouding staan tot die ekwiteitsaandele of stemregte in daardie maatskappy in somtotaal gehou deur daardie persone tydens daardie jaar van aanslag. 

Die gevolg van hierdie nuwe Wetgewing is dat dit uit ‘n belasting perspektief moontlik minder gunstig kan raak om bates in ‘n trust oor te plaas of te koop en ‘n rentevrye of lae-rente lening te koppel aan die finansiering van die transaksie. 

Hierdie praktyk word redelik algemeen toegepas by boedelbeplanning, sodat groei van bates buite die individu se boedel en binne die Trust plaasvind en dus gevolglik die individu se boedel se aanspreeklikheid vir boedelbelasting effektief verminder. 

Die gewysigde artikel 7C van die Inkomstebelastingwet tree op 1 Maart 2017 in werking en ‘n lening aan ‘n trust deur iemand wat ‘n verbonde persoon tot die trust is (normaalweg die stigter, trustee of ‘n begunstigde) en wat nie rente ontvang of verklaar wat ten minste gelykstaande is aan die amptelike rentekoers nie, soos bepaal in die 7de Bylae van die Inkomstebelastingwet (tans 8%), sal as ‘n donasie beskou word op die laaste dag van elke jaar van aanslag.  Die bedrag van die donasie sal die verskil wees tussen die rente betaalbaar op die leningsbedrag en die amptelike koers. 

Voorbeeld:
As iemand ‘n rentevrye lening aan ‘n trust aangaan, waarvan hy of sy of enige van sy of haar kinders begunstigdes is, sal dit geag word dat die lening rente sal dra teen 8% per jaar.  As die bedrag van die rentevrye lening byvoorbeeld R1 Miljoen is, sal dit impliseer dat die lener ‘n skenking (donasie) van R80 000-00 aan die trust gemaak het op die laaste dag van die belastingjaar.  ((R1 Miljoen x (8% minus 0%)), want geen rente was in werklikheid gehef of betaal nie.  Die bedrag van R100 000-00 per jaar is egter vrygestel van skenkingsbelasting, so gevolglik sal daar geen skenkingsbelasting betaalbaar wees, indien die bedrag van die rentevrye lening R1,25 Miljoen en minder is nie (R1,25 Miljoen x 8% = R100 000-00). 

Afhangende van die grootte van die lening, kan dit dus moeilik raak om jaarliks die bedrag van die lening te verminder sonder skenkingsbelasting-implikasies. 

Verdere voorbeeld:  as die oprigter van ‘n trust 5jaar terug ‘n rentevrye lening van R1,5 miljoen aan die trust gegee het en jaarliks gebruik gemaak het van die R100 000 wat vrygestel is van skenkingsbelasting, dan sou die bedrag van die lening na 5jaar tot R1 Miljoen verminder het.  Vanaf 28 Februarie 2018 sal dit egter geag word dat die oprigter op die laaste dag van die belastingjaar ‘n donasie van R80 000 op die oorblywende bedrag van die lening (R1 Miljoen) gemaak het.  Gevolglik is daar nou net R20 000 van die R100 000 wat vrygestel is van skenkingsbelasting beskikbaar om skenkingsbelasting te vermy. 

Skenkingsbelasting word gehef teen 20% van die bedrag waarmee jaarlikse skenkings die vrygestelde bedrag van R100 000-00 oorskry. 

Op ‘n donasie van R200 000-00 sal daar dus R20 000-00 skenkingsbelasting betaalbaar wees. (R200 000-00 minus R100 000-00 = R100 000-00 x 20% = R20 000-00)

Die groot vraag is natuurlik : Hoe nou gemaak?

  1. Moet ek die bestaande lenings in die trust eenvoudig terugbetaal?  Wat as daar nie genoeg kontant is nie? 
  2. Moet ek net aanvaar en die belasting betaal? 
  3. Is daar elternatiewe? 

Die volgende aspekte is belangrik:

  1. Ten eerste moet ‘n behoorlike ontleding gemaak word van elke leningsrekening dat mens presies weet waaruit die lening bestaan bv. Indien ek geld aan my Trust geleen het om ‘n primêre woning aan te koop, sal hierdie lening uitgesluit wees van die bepaling. 
  2. Indien die lening ontstaan het omdat Inkomste of Kapitaalvergoeding uit die Trust verklaar is, maar dit nog nie uitbetaal is nie, kan hierdie lenings uitgesluit wees mits die toepaslike bepalings wel in die Trustakte opgeneem is. 
  3. Indien my lening as Trustee aan my trust die bedrag van R1,25m oorskry kan ek dit oorweeg om die helfte van my leningsrekening aan my vrou te skenk (geen skenkingsbelasting tussen man en vrou).  Dit het egter komplikasies by egskeiding en daar moet versigtig hiermee gehandel word. 

Wat stel ons voor?

  1. Werk deur die stappe:  bepaal hoe die leningsrekeninge opgemaak is. 
  2. Bepaal waarvoor geleende fondse aangewend is. 
  3. Maak seker die trustakte is in ooreenstemming met die bedoeling. 

Laastens, kundige hulp is van kardinale belang en ons nooi u uit om ons te kontak sodat ons hiermee behulpsaam kan wees.  Skakel gerus vir Reinet Naudé by 021 864 5180 of e-pos reinet@bkaudit.co.za.dedi1019.jnb1.host-h.net

IMPORT VAT AND CHANGES IN TIMING RULESPERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

About us

Aenean feugiat eget velit accumsan dictum. In dapibus lectus massa, nec cursus ipsum posuere sed. Duis egestas dui in neque finibus, nec volutpat dolor porttitor. Nulla sollicitudin lorem ac neque iaculis vehicula. Vivamus ac lacus venenatis, efficitur elit sit amet, semper risus.

Get in Contact

4 Rose Street, Wellington, 7655
PO BOX 54, Wellington, 7654
T: +27 21 864 5180
F: +27 86 612 4679
E: info@bkaudit.co.za

Office Hours

Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
Fridays: 08:00 - 15:30
Saturday - Sunday: Closed
Broodryk Kotzé Incorporated Broodryk Kotzé Incorporated
  • Home
  • About us
  • Our People
  • Careers
    • Submit Application
  • Contact us
BKAudit © 2025 | All Rights Reserved | Privacy Policy | Legal Notices
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
Cookie SettingsAccept All
Manage consent

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
CookieDurationDescription
cookielawinfo-checkbox-analytics11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional11 monthsThe cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytics
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.
Others
Other uncategorized cookies are those that are being analyzed and have not been classified into a category as yet.
SAVE & ACCEPT